Rina, Johan en Riaan saam op een verhoog!
Rina, haar man, Johan van Rensburg en bekende pianis van Noot vir Noot faam en haar seun, Riaan is onlangs gevra om saam op een verhoog op te tree. Die drie het koppe bymekaar gesit en gesinsvermaak het skielik ‘n unieke nuwe betekenis gekry. Riaan gee nie slegs ‘n kragvertoning op sy tromme nie maar wys dat hy ook kan sing terwyl Rina se vingers saam met Johan op die klawerbord tokkel. Allerhande nuwe musikale kombinasies tussen die drie musikante versier die program terwyl elkeen ook ‘n solo kans kry om die beste van sy of haar kant te wys. Hierdie kombinasie van die drie talente is beslis “iets anders” en beloof om ‘n genotvolle program te verseker.

“Ek en Johan tree ook saam op.  Ons vertoning sluit ‘n groot verskeidenheid lekker luister musiek in. Die vertoning is baie geskik vir oggend tees.”

Vir besprekings van enige van die kombinasies kontak ons by rinahugo@midrand-estates.co.za of gaan na bespekings en ons sal julle kontak.

 

Sondag kerkdiens optredes:
Ek doen steeds optredes op Sondae.
‘n Lofprysingsdiens,  Paasdiens en Kersdiens is beskikbaar. Ek doen die eredienste in samewerking met die Christelike Seemansorganisasie.
As julle belangstel in ‘n optrede by julle kerk kontak gerus vir dr. Eleanor Weideman by die Christelike Seemansorganisasie.  Sy hanteer die besprekings vir die eredienste.
As julle meer oor hulle werksaamhede wil leer besoek gerus hulle webblad by www.cso.co.za
Dr Eleanor Weideman
021 551 2694
082 750 1440
cso@mweb.co.za